Campfire Safaris Home page - Tours, Shuttle Services and Rentals

Kruger Park naweek wegbreek

Vrydag:

10h00 vertrek ons vanaf Pta.

Ons reis noord na die dorp Hoedspruit. Op ons reis sal ons wel stop vir n ligte middagete vir die wat wel iets wil peusel.

17h00 behoort osn reeds by ons verblyf te wees.

Ons oornag by n klein gesellige lodge wat grens aan die wel bekende Kapama.

Die lodge se grond is 60ha en daar is verskeie bok soorte wat tussen ons beweeg.

Geen draad heining om die wild weg te hou van jou voorstoep af nie.

Aandete braai ons n lekker vleisie met by kosse.

Saterdag en Sondag

05h30 kan die wat reeds op en wakker is nader staan vir n koppie boere troos, bedien met regte ouma beskuit.

06h00 vertrek ons na die Kruger Nationale Park.

Ons sal die park by die Orpenhek binne gaan.

Ons ry en kyk voels en an al die diere wat oor ons pad kom. Julle gids sal julle dan meer vertel van die diere en wat hulle gedrag is.

09h30 hou ons stil by een van die vele piekniek plekke waar osn mag uitklim en bene rek . Hier gaan ons dan ook “brunch” nuttig. Dit sal n warm ontbyt wees wat eiers en lekker bros “bacon” voor bery en bedien deur die gids.

Wat die plekkies lekker maak is die feit dat die heining nie die aapies en voels keer om ook n happie te komsteel nie. Die wat op die uitkyk vir ander wild is mag net dalk n Ou Groote kry wat naby kom water suip of net rustig verby stap.

Oor middagete sal ons een van die ruskampe besoek waar ons weer bene kan rek.

Die wat dan middagete wil eet is meer as welkom om n wegneemete te bestel .

Ons verlaat die park met son onder en net voor die hekke vir dagbesoekers sluit.

Aandete braai ons n vleisie met bykosse.

Maandag

08h00 vertrek ons terug huis toe.

Ontbyt word bedien voor ons vertrek.

Met ons terug tog ry ons die welbekende Panorama roete.

Die roete sal begin by Graskop en ons stop by God’s window, Bourkes luck potholes en die 3 Rondawels.

Alle etes wat nie aangedui word nie is vir elke persoon se rekening.

Verblyf, toegang en etes soos aangedui vir:

8 persone = R 2645 per persoon

5 persone = R 3404 per persoon

 

Back to Scheduled Departures

(c) 2008-2011 Campfire Safaris | web: brian currin, based on a design by: "it's called advertising"